​Die Kloof Straat huis met ‘n treffende styl

Johannes van Graan Johannes van Graan
House in Kloof Road , Nico Van Der Meulen Architects Nico Van Der Meulen Architects Balcones y terrazas de estilo moderno
Loading admin actions …

Wanneer dit kom by moderne huise, weet Meulen Argitekte definitief waarvan hulle praat – hul portefeulje bars immers uit sy nate van al die enorme ontwerpe wat hulle oor die jare opgetower het, aangesien spasie nie ‘n probleem vir hulle of hul kliënte is nie (dié spesifike ontwerp van hulle in Johannesburg staan immers sterk met 1,100 m²).

Die Kloof Straat Huis was ontwerp as ‘n moderne familie huis wat kan spog met van die beste uitsigte van Johannesburg ooit – maar natuurlik het dié kolossale skepping ook ‘n pragtige binnekant nadat dit opgegradeer is van ‘n grondvloer huis na iets meer treffend.

Die eindresultaat is definitief iets wat mens nie elke dag aanskou nie…

Vele vlakke

Dit is duidelik dat die argitekte groot gegaan het met hierdie ontwerp. 

Die huis geniet ‘n ooplan uitleg, en nie net aan die binnekant nie – kyk hoe maak dit oop na die buitekant deur middel van vensters, groot glasdeure ens. Groot stukke staal is aan die buitekante aangelas om die huis ‘n sterk persoonlikheid te gee, om nie eens te praat van die donker kleurskema nie. 

Die eindresultaat is definitief ‘n ontwerp wat meer soos ‘n groot stuk ultra moderne beeldhouwerk as ‘n huis lyk!

Lig en slank

Moenie dink dis net die agterkant van die huis wat aandag trek nie… Aan die voorkant kan mens ook sien hoe die ontwerp gebruik maak van sterk materiale (soos metaal en klip) om nie net uit te staan nie, maar ook om veiligheid vir die inwoners te verseker. 

Met die aanbou aan die oorspronklike grondvloer huis is vier nuwe motorhuise aangelas aan die nuwe ontwerp se bokant, wat nou verbind is met die straat. Diagonale strook ligte is ingesit by die ingang se muur om besoekers na die ingangshek te lei. 

Dis duidelik dat lig ook ‘n groot rol in die huis se ontwerp en styl speel, wat natuurlik ook belangrik is vir Suid-Afrikaanse huise, aangesien dit kan help om ongewenste gaste af te skrik en, dus, inbrake te keer.

Spasie aan die buitekant

Die agterkant van die huis het glad nie ‘n tekort aan spasie nie. En dit is juis hier by die swembad waar ‘n reuse uitleg geskep is spesiaal vir kuiertyd saam met vriende en familie. 

Soos met die huis, speel staal, glas en beton ook groot rolle by die stoep/kuier area om die moderne styl voort te sit, asook om skerp vorms en hoeke te geniet. Selfs die koi dam lyk heel indrukwekkend danksy die metaal en ligte.

Na binne

Alhoewel ons nou na die binnekant kyk, kan mens tog sien hoe maklik die huis se binne areas met die buitekant gekombineer word deur middel van die oop uitleg. Om die binnekant meer warm en verwelkomend te laat lyk, is warm oranje gebruik met van die dekor, wat natuurlik ook heel treffend lyk saam met die donker kleure van die meubels en argitektuur. 

Kyk net bietjie hoe perfek hierdie uitleg is, wat ‘n enorme sit- en eet area onderdak aanbied, wat beteken die sosiale geleenthede kan heerlik voortgaan, ongeag wat die weer beplan.

Stylvolle slaapkamers

Die slaapkamers van Kloof Straat Huis maak heerlik oop op die tuine, wat bietjie vars groenigheid met die donker kleure van die binnekant laat meng. Daar is altesaam vier slaapkamers in die huis, insluitende ‘n hoofslaapkamer, ‘n gastekamer (hier gesien), asook twee kinderkamers. 

Dié gastekamer bied ‘n perfekte uitkyk op die tuine en die koi dam aan, asook die uitmuntende uitsig wat die huis omring. 

Ten spyte van die huis se grootte, het die argitekte hul bes gedoen om ‘n energie-doeltreffende ontwerp te skep. Daarom werk ‘n ondervloerse verhittingstelsel deur middel van sonpanele om te sorg dat die huis heerlik warm (en koel) bly.

‘n Ontspannende styl

Die boonste verdieping geniet ‘n speelkamer vir die kinders, plus ‘n informele sitkamer waar mens rustig kan ontspan en die stadsliggies geniet. Die meubels en dekor wat uitgekies is sorg dat die binnekant van die huis net so stylvol soos die buitekant is, asook heel gerieflik. 

Hierdie heerlike groot balkon herinner ons aan die huis se spasie, asook die rustigheid waarmee die inwoners se leefstyl gepaard gaan. 

Gepraat van spasie en uitsigte, kyk gerus na: A breathtakingly beautiful Cape Town home.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista