​Ouer as 30? Hierdie is wat jy in jou huis moet hê!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Proyecto Residencial "La Ramona.", PORTO Arquitectura + Diseño de Interiores PORTO Arquitectura + Diseño de Interiores Habitaciones de estilo ecléctico
Loading admin actions …

Grootword is nie speletjies nie, aangesien mens heelwat verantwoordelikhede bykry soos die jare aanstap. En ongelukkig beteken dit ook dat mens vaarwel moet roep aan ‘n hele paar dinge wat jou “grootmens” styl kan belemmer – jy wil mos nou nie kinderagtig en onvolwasse voorkom nie, of hoe? 

Dus, kom ons kyk na ‘n paar dinge wat in mens se huis/woonstel moet wees wat ‘n aangename kuier, asook ‘n volwasse leefstyl, gaan aanhelp teen die tyd dat jy 30 slaan…

1. ‘n Spasie (soos ‘n sitkamer) waar mens net rustig kan ontspan na ‘n lang dag.

2. ‘n Praktiese kombuis vir wanneer jy wil onthaal.

3. ‘n Gemaklike eetplek vir familie en vriende.

4. Netjiese eetgerei – plastiek messe en vurke tel nie!

5. ‘n Skoon en netjiese klerekas.

Vestidor en 3D homify Habitaciones modernas

6. ‘n Slaapkamer wat jou rustig en stylvol laat voel – sluit gerus jou gunsteling kleure in.

7. ‘n Badkamer wat jou gaan help ontspan.

8. ‘n Gemaklike rusbank.

9. ‘n Behoorlike televisie vir wanneer mens net rustig tuis wil wees.

10. As jy spasie vir ‘n stoepie het, stel ons voor jy hou dit skoon en stylvol.

11. ‘n Netjiese kuierplek.

homify Balcones y terrazas de estilo tropical

12. So paar plante en blomme vir bietjie groenigheid.

13. Stoorplek vir jou wyne, biere en ander drinkgoed.

14. So tikkie kleur hier en daar.

15. ‘n Paar ordentlike kunswerke teen jou mure.

16. Ten minste een boekrak.

17. ‘n Vuurpit vir daardie winter kuiers.

18. ‘n Hangmat – want hoekom nie?

homify Balcones y terrazas de estilo rústico

19. ‘n Braaiplek, natuurlik!

20. Hangplek vir jasse, baadjies ens om jou ingangsportaal netjies te hou.

21. Ordentlike spasie in jou badkamer om so paar tydskrifte te stoor.

22. ‘n Kaggel, want mens weet mos nooit hoe koud die winter gaan wees nie.

23. Ietsie heel oulik en uniek, soos ‘n kleurvolle teëlmuur teen jou trap.

So gepraat van kleure, kyk net na hierdie 10 wall colours that will lift up your small living room.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista