​10 wenke om jou slaapkamer soos ‘n hotel te laat lyk

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Habitaciones modernas
Loading admin actions …

Daar is darem maar niks lekkerder as om in ‘n groot, sagte bed weg te sak en te voel hoe jou stresvlakke daal nie. Maar natuurlik sal jou stresvlakke onveranderd bly indien daardie bed (en kamer) oud, koud en onnetjies voorkom.

Om ‘n goeie nagrus te geniet, moet mens se slaapkamer skoon, netjies en stylvol wees, nes die slaapkamers wat mens in ‘n vyf-ster hotel sal aantref, wat presies die inspirasie vir vandag se artikel is. 

So, kom ons kyk hoe jy daardie selfde sjiek, elegante en asemrowende styl kan oordoen in jou slaapkamer tuis – dis eintlik heel makliker as wat jy dink…

1. Mooiste mure

Hotelkamers se mure is nooit net mooi geverf of beplak met muurpapier nie – daar is altyd ietsie ekstra om hulle te laat uitstaan, en in die meeste gevalle is dit ‘n tamaai spieël wat die ding doen.

Kyk bietjie waar in jou kamer jy ‘n spieël kan aanbring wat jou kamer nie net gaan opstyl nie, maar dit ook sommer groter gaan laat lyk.

2. Te koud of te warm?

‘n Kamer wat vriesend koud of kokend warm is gaan niemand beïndruk nie. En alhoewel jy nie die weer kan beheer nie, kan jy tog ‘n verskil maak aan hoe warm of koud jou slaapkamer is.

Ons praat nie net van lugversorging of verwarmers/kaggels nie; jou slaapkamer se beddegoed, matte, kussings, komberse en selfs gordyne speel ook ‘n groot rol. Materiale soos katoen en linne word gebruik om ‘n kamer koeler te laat voel, terwyl fluweel en ‘n vere duvet weer perfek werk om ‘n slaapkamer warmer te maak.

3. Die tipe beligting

Die soort ligte wat in ‘n slaapkamer hoort is nie dieselfde as wat, byvoorbeeld, op ‘n voorstoep gehang moet word nie – en dis om ‘n spesifieke doel.

‘n Slaapkamer is ‘n private plek, en daarom moet die beligting saamspeel om ‘n persoonlike en intieme atmosfeer te skep. Dus, maak gebruik van taakbeligting soos tafelligte in plaas van een groot hooflig. En sluit in “downlighters” wat warm-white is en verdowwer-gekontrolleerd is.

4. Die regte bed

As jy streef na ‘n soete nagrus en ‘n bed wat slaap soos ‘n droom, raak ontslae van jou ou matras. Jy sal bietjie meer moet betaal vir een met ‘n beter kwaliteit, maar dis definitief een ding waaroor jy nie spyt gaan wees nie!

5. Bykomstighede

‘n Slaapkamer is mos nie net vir slaap nie; ander aktiwiteite vind ook plaas daar binne, soos lees, gesels, en fliek kyk (onder andere). 

Dus, sorg dat jy die regte bykomstighede insluit hiervoor, soos ‘n gemaklike stoel, ekstra kussings, ‘n televisie, ens.

6. Daardie dekor

Hotelkamers wat hulle sout werd is is baie kreatief in terme van dekor. Dink bietjie wat jy in jou slaapkamer kan inbring om dit meer styl te gee, soos ‘n kleurvolle (en groot) portret, ‘n pragtige mat, sjiek taffellampe, ens.

7. Kleurvolle kombinasies

HOTEL EXE CENTRAL , Tiendas On Tiendas On Habitaciones de estilo minimalista

Die soort atmosfeer wat jy in jou kamer wil skep gaan afhang van die kleure wat jy gebruik. Vir ‘n meer rustige en elegante styl, kies neutrale kleure soos wit, bruin, grys ens. Vir ‘n meer energieke styl, stel ons helder kleure voor soos rooi, oranje, groen ens.

8. Ietsie anders

Big open bedrooms care4home Habitaciones modernas

Een van die lekkerste dinge van hotelkamers is dat daar altyd iets unieks is om te geniet; iets wat jy nie by die huis aantref nie. 

Dus, voeg ietsie ekstra en “anders” by om jou slaapkamer meer spesiaal te maak soos uitsonderlike beeldhouwerk, unieke meubels, ens.

9. Onthou die uitsig

homify Habitaciones de estilo tropical

Die meeste hotelle maak van uitmuntende uitsigte gebruik om gaste se verblyf meer onvergeetlik te maak. Maar as jy nie ‘n uitsig van ‘n berg of ‘n strand kan reël nie, sorg ten minste dat die tuin waarop die slaapkamer uitkyk skoon, netjies en pragtig is.

10. ‘n Netjiese styl

homify Habitaciones modernas

Hotelkamers lyk altyd asof jy hulle deur ‘n ring kan trek – en jou kamer moet dieselfde voorbeeld volg.

Vir ‘n prentjiemooi kamer, sorg dat daardie kussings op die bed pragtig gepak is; dat die vloer skoon is; dat daardie spieël en vensters blink; dat die gordyne geen teken van ‘n kreukel toon nie ens. 

Wees versigtig met daardie kleure! Kyk bietjie na: How colours influence your bedroom.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista