​Die 5 dinge wat inbrekers na jou huis lok

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Casas prefabricadas
Loading admin actions …

Hoekom is dit gewoonlik dat mens net met vakansietye wanneer jy weg gaan daarop fokus om seker te maak jou huis is veilig en deeglik beskerm? Mens moet mos permanent daarop ingestel wees om inbrekers en ander ongewenste gaste uit te hou. 

Dus, om jou huis veiliger te maak, kom ons kyk na 5 foute wat baie mense aan skuldig is en wat ‘n huis baie meer aanloklik vir inbrekers kan maak…

1. Die indruk skep van ‘n leë huis

Wanneer jy met vakansie gaan, moenie al die ligte afskakel nie. Nog meer belangrik, sorg dat pos nie ophoop buite waar almal dit kan sien nie. Vra ‘n vriend of buurman om jou pos namens jou op te gaar totdat jy terugkom, en ook om ‘n buitelug aan te skakel sodra dit donker word.

2. Geen alarmstelsel

homify Casas prefabricadas

Baie mense beskou 'n alarmstelsel as te ingewikkeld of geld mors – groot fout. Maak eerder seker jou huis is velig deur ‘n alarm aan te koop, asook sensors wat enige beweging in jou erf en tuin sal optel.

3. Foutiewe deure en vensters

Moenie soveel aandag vestig op heinings en alarms dat jy van die maklikste roetes wat na binne jou huis lei vergeet nie – vensters en deure. Maak seker dat als deeglik toe en gesluit is (dit geld ook vir dubbelverdieping balkonne).

4. Geen kontak met bure

Ons sê nie jy moet beste vriende maak met jou bure nie, maar maak tog net seker julle is op so vlak dat julle ‘n ogie oor mekaar se huise kan hou so nou en dan. Laat weet iemand wanneer jy met vakansie gaan sodat hulle jou buiteligte kan aanskakel, jou pos kan hou, en dalk ook jou plante kan versorg.

5. Vertoon aan die wêreld wat in jou huis aangaan

Ons verstaan jy is trots op jou mooi meubels binne jou huis, maar moet asseblief nie vensters en gordyne ooplos om dit aan almal te verkondig nie – self al is jy tuis. 

Maak toe, sluit toe, en hou alle waardevolle artikels (soos juweliersware) in ‘n kluis. 

Gepraat van waardevol, ons wys jou 20 wenke om jou huis se waarde te verhoog (deel 1).

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista