​9 opofferings wat jy moet maak om ‘n huis in Suid-Afrika te bekostig

Johannes van Graan Johannes van Graan
Modern Colonial, FRANCOIS MARAIS ARCHITECTS FRANCOIS MARAIS ARCHITECTS Casas de estilo colonial
Loading admin actions …

Niemand kan stry dat eiendom koop ‘n duur spel geword het nie. En alhoewel die meeste van ons ‘n droomhuis in gedagte het, is daar menigte luukshede wat mens sal vaarwel moet roep om’n ordentlike huis in vandag se tyd te kan bekostig.

Kom ons kyk bietjie na 9 opofferings wat gemaak sal moet word om enige huis se prys bietjie af te bring, en ook alternatiewe idees om jou nog steeds gelukkig te hou.

1. ‘n Super moderne boustyl

Ja, die moderne boustyl is dalk deesdae in die mode, maar dit is ook die rede dat moderne huise so duur is.

Kyk eerder vir ‘n tradisionele of klassieke huis – jy kan mos altyd moderne afwerkings byvoeg met die jare.

2. Die grootste huis op die blok

Niks is verniet nie, nie eers spasie nie. Maar dit beteken ook nie dat ‘n kleiner huis sieldodend lelik hoef te wees nie. Kyk gerus na: 23 small and affordable South African homes.

3. Asemrowende uitsigte

Alhoewel pragtige natuurskoon deel is van Suid-Afrika, moet mens ongelukkig betaal as jy dit deel van jou huis se uitsigte wil maak. 

Ons stel voor jy doen eerder moeite met jou tuin om seker te maak die erf wat jou huis omring is net so vars en pragtig.

4. ‘n Heerlike groot kuier area

homify Casas modernas

Dis die meeste mense se droom om ‘n tamaai stoep te geniet waar mens kan sit, kuier, eet, dans ens. Maar aangesien dit nie in almal se prysklas val nie, skaf dalk eerder net vir jou ‘n braaier aan en skuif ‘n paar stoele rond in jou erf vir daardie sosiale geleenthede.

5. ‘n Swembad

homify Casas modernas

Jy gaan definitief meer betaal vir ‘n huis met ‘n swembad. Koop eerder een met ‘n groterige erf waar jy later jou eie een (volgens jou styl en prysklas) kan bou.

6. Jou eie gimnasium

homify Gimnasios de estilo moderno

Wie sal nie sy eie gym by die huis wil hê nie? En as jy dit kan bekostig, hoekom nie?

Indien nie, sluit eerder aan by jou naaste gimnasium, of geniet ons land se natuurskoon deur stap, draf en fiets te ry – die vars lug kan jou net goed doen!

7. ‘n Klassieke huis

homify Casas de estilo minimalista

Argitektuur verander deur die jare, en baie van ons smag na huise wat spog met klassieke en tradisionele boustyle. En alhoewel jy ‘n ordentlike een kan kry vir ‘n billike prys, kan jy ook deur jou nek betaal. 

‘n Voorafvervaardigde- of modulêre huis kan dalk die oplossing wees, indien jy jou droom van ‘n tradisionele baksteen-en-sement huis kan vaarwel roep.

8. ‘n Tamaai groot tuin

As jy nie ‘n huis met ‘n lekker groot erf of tuin kan aanskaf nie, gaan geniet eerder die vars buitelug saam met jou kinders en troeteldiere in die park, by die dam of op die strand.

Terloops, jy kan altyd ‘n paar potte aanskaf en blomme en plante daarin plant om jou huis se buitekant bietjie in te kleur.

9. ‘n Dubbele wasbak

Soos huise kleiner word, is die badkamer gewoonlik die eerste vertrek wat spasie verloor, wat beteken ‘n dubbele-wasbak ontwerp is dalk nie meer ‘n moontlikheid vir jou prysklas nie.

Maar jy kan gerus op ander maniere jou badkamer meer modern maak: kombineer die bad en stort, voeg ‘n glaspaneel by (wat minder spasie vat as ‘n deur) en kikker die beligting op!

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista