​Dié huisie is dalk klein, maar tog so kreatief

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Casas modernas
Loading admin actions …

Huisbou is ‘n proses wat natuurlik tyd vat – vanaf die argitek begin werk aan die planne totdat die huiseienaars uiteindelik intrek kan ‘n hele rukkie duur (selfs jare, in sommige gevalle). 

Maar soos als in die lewe, verander argitektuur ook, wat beteken daar bestaan deesdae alternatiewe maniere om huise vinniger (en goedkoper) te bou – en voorafvervaardigde huise is maar net een van hierdie maniere. 

Vandag op homify 360° bekyk ons so ‘n woning wat ontwerp is deur die Spaanse span Casas Cube – dus, kom ons ontmoet die modulêre huisie wat vir ons wys hoe ‘klein’ ook ‘kreatief’ kan wees!

Van buite bekyk

Casa prefabricada Cube 75 m2 - Porche homify Casas modernas

‘n Modulêre huis word gebou uit voorafvervaardigde panele wat na die erf of plot vervoer word, en dan aanmekaar gesit word. Hierdie soort huise maak gebruik van hoë-gehalte materiale om te verseker die eindproduk is nie net stylvol nie, maar ook energie-doeltreffend, sterk en veilig. 

Natuurlik beteken dit ook dat ‘n modulêre huis na die tyd weer makliker afgebreek, na ‘n ander area geskuif, en dan weer opgebou kan word!

Kyk net na hierdie oulike skeppingtjie: neutrale kleure, interessante teksture, en selfs ‘n parmantige ou afdak stoepie om hom nog meer prakties te maak.

Die sitkamer

Casa prefabricada Cube 75 m2 - Salón homify Salas modernas

Die sitkamer area geniet oorgenoeg vensters en glasdeure om te verseker die vertrek kry genoeg lig. En wanneer dit nodig is (soos met kuiers), kan daardie deure net oopgemaak word om die sitkamer met die stoepie te verbind.

Ligte, neutrale kleure word gebruik om die sitkamer se styl op te kikker, om nie eers te praat van daardie lieflike houtvloere nie. 

Elke vertrek het ook drie lae verf ontvang wat bestand is teen vog, en gelamineerde glas is gebruik vir die vensters om deelike insulasie te verseker.

Die snoesige kombuisie

Casa prefabricada Cube 75 m2 - Cocina homify Cocinas modernas

Om meer spasie te bekom, deel die sitkamer sy oopplan uitleg met die kombuis. En soos ons kan sien, geniet hy dieselfde neutrale kleurskema. 

Alhoewel die kombuis ‘n snoesige spasie het, is hy nog steeds 100% prakties danksy al die nodige toestelle.

Die slaapkamer

Casa prefabricada Cube 75 m2 - Dormitorio homify Habitaciones modernas

Net omdat die slaapkamer klein is, beteken dit nie mens kan wegkom met ‘n afskeep styl nie! En danksy sagte kleure, ‘n venster wat genoeg lig deurlaat, ‘n minimalistiese dekorstyl en ‘n heel pragtige kopstuk, geniet hierdie slaapkamer oorgenoeg skoonheid.

Die badkamer

Casa prefabricada Cube 75 m2 - Baño homify Baños de estilo moderno

Die wenke wat die res van hierdie klein huisie meer ruim en stylvol laat lyk word ook gebruik in die badkamer, alhoewel hier tref ons ‘n kleurskema aan wat meer monochroom (en dus, elegant) is. En aangesien al die nodige elemente hier te voorskyn kom, tesame met gemaklike vloerspasie, kry hierdie klein-maar-getryn badkamer ons stem vir styl!

Vir ietsie groter, loer gerus na: Die Pretoria huis wat asems wegslaan.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista