​9 treffende idees vir jou sitkamer

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Salas multimedia de estilo moderno
Loading admin actions …

Sitkamers is propvol potensiaal, en nie net vir ontspanning en onthaal nie. Hoeveel opsies het ons met meubels en dekor om ons sitkamers (maak nie saak hoe groot of klein hulle is nie) op te styl en uniek te maak? Kleure, patrone, teksture kom natuurlik ook nog by, wat beteken geen twee sitkamers hoef identies te wees nie!

Vandag beloer ons 9 idees wat enige sitkamer (formeel én informeel) sommer weer splinternuut gaan laat lyk en voel…

1. Verlengde kabinette bo en onder jou TV gee meer stoorspasie, plus dit raam jou televisie en help om die aandag daarop te vestig.

2. Met die regte toestelle en meubels kan jou sitkamer in ‘n stylvolle “home cinema” verander word.

Casa2020, MapOut MapOut Salas multimedia de estilo moderno

3. Enige sitkamer moet ‘n fokuspunt hê, en alhoewel dit gewoonlik die TV is, kan ander faktore ook gebruik word soos muurpapier, beligting, ens.

homify Salas multimedia de estilo moderno

4. En gepraat van fokuspunte, kyk net hoe staan hierdie baksteenmuur uit met daardie lieflike rou tekstuur.

5. ‘n Mat is nie net daar vir ‘n sagte oppervlak nie; dit voeg ook kleur en patroon by jou sitkamer se styl, hetsy dit nou super modern of eenvoudig en minimalisties is.

homify Salas multimedia de estilo moderno

6. ‘n Koffietafel is nie net vir jou koffiebeker of tydskrifte nie! Dit help ook om jou sitspasie te anker.

7. Wie’t gesê die dae van besige muurpapier is verby? Sorg net dat jy nie oorboord gaan nie – een muur is oorgenoeg.

8. Vir ietsie ekstra spesiaal, kan jou plafon se beligting só opgedoen word.

9. Lus vir ‘n warm kleur? Hierdie helderrooi mat werk perfek in hierdie “home cinema”, maar sorg dan net dat dit gekomplimenteer word deur neutrale kleure.

Lus vir nog? Bekyk gerus hierdie 20 idees vir jou sitkamer se dekor.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista